Brief aan Ds Botha (Engo) - 2 Desember 2015

Geagte Ds Botha

Hierby aangeheg ‘n dokument gemerk Die Verhoor.doc

Ek reken uit al die dokumente wat aan u voorsien is, is dit baie duidelik dat ek onregverdig behandel en afgedank is. Ek sou definitief nie die moeite gedoen het met die opstel van al hierdie dokumente indien ek enigsins skuldig was nie. Ek sou ook nie letterlik honderde navrae by arbeidskundiges en regsgeleerdes gedoen het indien ek nie van mening was dat ek onregverdig behandel was nie.

Wat my ontstel is dat ‘n inwoner van Onze Rust baie onlangs na my toe gekom het en my meegedeel het dat hulle as inwoners versoek (gedreig?) was om nie met my te praat nie. Hierdie inwoner was baie senuweeagtig en was duidelik bang dat iemand haar sou sien dat sy met my praat. Ek weet nie of daar met al die inwoners gepraat is en of daar net gepraat is met ‘n sekere uitsoekgroep nie. Wat wil julle nog doen om my en die oumense te na te kom?

Vir my eie gemoedsrus dat ek nie oorreageer op dit wat aan my gedoen is nie, verwys ek nou al die dokumente rondom my afdanking na alle sorgsentrums, privaat welsynsorganisasies en kerkorganisasies vir hulle menings en opinies.

Dit is in belang van die publiek dat hulle moet kennis neem van die wyse waarop ek afgedank is sodat ander instansies nie dieselde foute maak met hulle personeel nie. My vermoede is dat daar ‘n groot leemte aan kennis van arbeidsake in die land is en bied ek my geval aan as opleiding in die arbeidsmag. Dit is maar my beskeie bydrae tot regverdige interne verhore vir almal.

Vriendelike groete

Wanda du Plessis