Die Verhoor



Die Verhoor

Die verhoor het op 22 Januarie 2015 plaasgevind en die voorsittende beampte was ‘n ene Nico Louw.

Die regstelsel in Suid Afrika is baie duidelik daaroor dat elke mens geregtig is op ‘n regverdige verhoor ongeag of dit ‘n dissiplinêre verhoor is of ‘n hooggeregshofsaak is.

Voordat ek hierdie dokument sou publiseer, wou ek graag eers die aangeleentheid met die Nico Louw bespreek maar ds Willem Botha van Engo het deur sy stilswye geweier om die Nico Louw se kontakbesonderhede aan my te voorsien. Weereens ‘n bewys van die onregverdigheid en ongeregtigheid by Engo.

Dit is sinneloos om die hele verhoor hier verbatim weer te gee. Slegs ‘n paar belangrike aspekte word bespreek.

In die tydperk van die verhoor was ek siek met akute laringitis en het ‘n doktersbrief  by Onze Rust ingedien 3 dae voor die verhoor dat ek afgeboek was tot die dag voor die verhoor. Tydens die verhoor en minstens nog ‘n week na die verhoor was ek nog so siek en baie hees dat ek feitlik nie kon praat nie.

1. Met die aanvang van die verhoor het ek probeer om Nico Louw daarop attent te maak dat ek nie kan praat nie. Hierop het Magda van Niekerk ingemeng deur vir my te sê: “Jy moet water drink want jy gaan vandag nog baie praat.” Wat makeer hierdie van Niekerk? Is sy maar net so onkundig of is daar dalk ander fout met haar? Die voorgeskrewe medikasie het nie eers vir my stem gehelp nie, hoe sou ‘n slukkie water help?

Hoekom het Nico Louw nie probeer vasstel wat die probleem is nie? Hoekom het Nico Louw nie die verhoor uitgestel nie? Net op grond van hierdie enkele aspek dat ek myself nie kon verdedig nie, is dit ‘n klinkklare bewys dat ek geen regverdige verhoor gehad het nie.

2. Magda van Niekerk het begin deur mnr de Scally en sy familie te bespreek. Sy het uitdruklik die vraag gevra of de Scally schizofrenies is. Het sy die vraag gevra omrede hy al die eposse geskryf het? Of het sy die vraag gevra om my getuie te diskrediteer? Weet sy ooit wat hierdie siekte behels? Weereens was van Niekerk maar net weer onkundig? Dit is skokkend dat ‘n sogenaamde christenmens sulke gruwelike lasterlike uitlatings maak!

Weereens hoekom het Nico Louw dit toegelaat? In geen hof sou sulke uitlatings geduld word nie.

3. Nico Louw het seker besef ek kon werklik nie praat nie deurdat ek hoofsaaklik met gebare probeer het om van Niekerk te antwoord. Dit het my voorgekom of Nico Louw sy bandmasjien afskakel. Hy het van Niekerk gevra om notas te maak vir ‘n notule. Van Niekerk het geen notule opgestel nie en is dit later skriftelik aan my bevestig.

4. Die voorsitter vra toe vir van Niekerk of sy ‘n getuie gaan roep waarop sy antwoord ja vir Minnie Burger. Hierna vra hy my of ek ‘n getuie gaan roep waarop ek antwoord ja vir de Scally. Ek verduidelik toe dat de Scally as gevolg van ‘n besering nie kan beweeg nie en nie self daar kan wees nie. De Scally het vooraf ‘n verklaring gemaak as getuie asook ‘n dekkingsbrief aan die voorsitter waarin hy versoek dat die verhoor vir die oomblik wat hy moet getuig, na sy huis verskuif word sodat kruisvrae aan hom gestel kon word. Die verskuiwing van die verhoor sou met min moeite kon plaasvind. Ons was net vier mense in die verhoor wat almal in een motor binne 5 minute by de Scally se huis sou wees. Ek het die dokument aan die voorsitter oorhandig en nadat hy dit gelees het, het hy te kenne gegee dat dit in orde is en het ook aan my bevestig dat hy de Scally sal skakel.

5. Hierna het van Niekerk begin om voor te lees uit eposse wat de Scally gestuur het. Terwyl van Niekerk nog besig was om die eposse te lees, skreeu Nico Louw op my met die woorde: “Jy is skuldig, moenie ons tyd hier mors nie, erken nou jy is skuldig!” Duidelik is hierdie ‘n bewys dat die voorsitter vooraf ingelig was oor die saak en duidelik het hy vooraf opdrag gekry van wat die uitslag van die verhoor moet wees. Dit is dus bewys dat die voorsitter partydig was en dat dit weereens gedui het op ‘n onregverdige verhoor.

6. Regdeur die verhoor het die voorsitter kort kort de Scally se dokument van die tafel af opgetel en weer gelees. Op ‘n stadium toe maak hy die opmerking: “ Hierdie lyk vir my soos ‘n cover-up.” Genugtig weet hierdie Nico Louw dan niks van hofsake en getuies nie?

7. Minnie Burger word toe geroep as getuie. Dit was na my mening tydmors, sy het dan niks getuig oor dit waarvoor ek aangekla was nie. Na my mening het niemand getuig en met bewyse na vore gekom dat ek skuldig is aan dit waarvoor ek aangekla is en waarvoor ek valslik beskuldig was nie.

8. Aan die einde van die verhoor vra die voorsitter my drie keer of ek met daardie man (dit is seker nou de Scally) getroud is. Telkens het ek my kop in ‘n nee antwoord geskud. Hierop antwoord die voorsitter: “Indien jy met die man getroud was kon ek jou oorsien, maar aangesien jy nie met hom getroud is nie sal ek jou moet afdank.”

Dit is nogals pateties dat ‘n vooritter so na grashalms moet gryp om sy vooraf opdrag om my af te dank, uit te voer. Na my mening was dit viktimisasie op sy ergste!

9. Hierna vra ek die voorsitter: “Wat nou van my getuie?” Hierop antwoord Nico Louw: “Hoe durf jy de Scally roep as ‘n getuie, dit is dan juis hy wat al die probleme vir ons veroorsaak.”

Weereens is my getuie gediskrediteer en is ek ook van my reg tot ‘n getuie ontneem.

Bevinding en Aanbeveling

Met so ‘n fiasko van ‘n dissiplinêre verhoor kon daar sekerlik nie veel verwag word van die bevinding nie. Net enkele aspekte:

1. Daar word nie eers na een enkele aspek verwys waarop ek skuldig is nie.

2. Daar word na ‘n naamlose brief verwys waarvan nie ek of my dogter of de Scally van kennis dra nie. Hoekom word dit in my bevinding genoem? Is dit nie maar weer ‘n geval dat Magda van Niekerk ‘n onbekwame ondersoek gedoen het en nou word dit onder my naam geplaas om te verbloem dat sy nie haar werk na behore doen nie?

3. Nico Louw lieg blatant dat ek nie ‘n getuie geroep het nie. Dit is hy wat my van ‘n getuie ontneem het.

Ek het al die aspekte van die verhoor en aanbeveling na ‘n deskundige van die arbeidsreg verwys vir kommentaar. Hierdie persoon was baie lank verbonde aan die regsfakulteit van die Universiteit van die Witwatersrand en is tans ‘n arbeids prokureur in Londen. Sy kommentaar is onder andere en ek haal aan:

“Seems grossly unfair! he seems pre-judicial, i.e. deciding on the matter, before hearing the facts from the other side audi alterum partum. The chairperson has NO right to discredit witness integrity. It seems they ran this hearing like one runs a circus, with no regard for protocol.”

Dit is sekerlik nie ‘n goeie verwysing vir Engo en Nico Louw nie.

Slotsom: Die saak teen my is deur ‘n onbekwame persoon op ‘n onkundige wyse ondersoek, ek is valslik beskuldig en ek is onregverdige verhoor.
Ek sou nie al hierdie moeite gedoen het as ek enigsins skuldig sou wees nie.

Wanda du Plessis