Die Aanklag

Kliek op bogenoemde om te vergroot en meer leesbaar te maak.

1. Wat kan tog vertroulik wees in enige ouetehuis? Dit is ‘n plek waar oumense versorg word tot hulle eendag tot sterwe kom. Dit is beslis nie ‘n plek waar geheime formules mee gewerk word of waar samesprekings gehou word om ‘n staatsgreep uit te voer nie. Al wat moontlik as vertroulik beskou kan word is die inwoners se mediese rekords en personeel rekords en nie een van hierdie twee is hier ter sprake nie.

So wat is dan die vertroulike inligting wat ek dan kwansuis aan de Scally verskaf het? Op 7 Januarie 2015 het ek navraag gedoen by Magda van Niekerk oor wat hierdie vertroulike inligting behels en het ek vasgestel dat dit gaan oor twee aspekte waar beweerde aanrandings betrokke is.

Met ander woorde die vertroulike inligting hier het alles te doen met beweerde misdaad!

2. Die aanname word gemaak dat ek eerder die interne griewe prosedure moes aanwend om enige griewe wat ek moontlik mag hê tot die aandag van bestuur te bring om dit te hanteer. Dit is seker ‘n grap.

Die een aspek het gehandel oor ‘n beweerde aanranding van ‘n beroerte pasient deur ‘n verpleegpersoneellid. Hierdie beweerde aanranding is deur Petro Beukman waargeneem en het die inligting waarskynlik aan de Scally oorgedra. Ek was nie eers bewus van hierdie spesifieke beweerde aanranding nie so hoe kon ek ‘n grief in dien??

Die tweede aspek het gehandel oor hoe ek vir ‘n jaar lank geteister en ook aangerand was in Onze Rust. Hoekom moes dit nodig wees vir die griewe prosedure? Magtig die aanranding het in die kantoor van Onze Rust in die teenwoordigheid van die sekretaresse Christine Coetzee plaasgevind. Vir ‘n jaar lank het ek gereeld by Christine Coetzee gekla oor die aanhoudende teistering wat ek ervaar het. Niks is daaraan gedoen nie. Wanneer ek wel met ‘n klagte na die bestuurderes Minnie Burger gegaan het, het sy gewoonlik haar vuiste op die tafel geslaan en gesê sy is moeg vir ons klagtes. Ons was gereeld deur Minnie Burger gedreig dat ons nie oor haar kop mag gaan nie. Ek het meer as een keer vir Christine Coetzee gevra vir ‘n griewevorm maar dit is my geweier en het Christine telkemaal dit beklemtoon dat ons nie oor Minnie Burger se kop mag gaan nie.

So hoe kon ek dit waag om van die griewe prosedure gebruik te maak? Belaglik!

3. Verder word die aanname gemaak dat die inligting wat ek kwansuis aan de Scally gekommunikeer het nie altyd feitlik korrek of korrek weergegee word nie.

Eerstens het ek nie enige inligting gekommunikeer nie en nog minder het ek geweet enige iets is geplubliseer. Indien die inligting wat gepubliseer was nie feitlik korrek was nie, hoekom het iemand dan nie die saak met de Scally bespreek nie en hom so reggehelp nie?

Tweedens indien ek wel bewus sou wees van enige publikasie dan sou ek mos gesorg het dat die inligting feitlik korrek was. Weereens ‘n ongegronde en swak afleiding wat gemaak was!