Tannie Revina

Op Donderdag 29 Augustus 2013 om ongeveer 19:30 daag Mavis Nagel ‘n stafverpleegster asook ‘n hulpverpleegster Phuleng by my huis op met die versoek dat ek moet kom help met tannie Revina wat ‘n epileptiese aanval gehad het.

By Onze Rust aangekom vind ek tannie Revina bewusteloos en geen verpleegpersoneel wat na haar omsien nie. Nagel het dus die pasient net so gelos en al die pad na my huis gestap sodat ek moes kom help. Kon Nagel my nie net geskakel het of die hulpverpleegster alleen na my gestuur het nie?

Ek het met my beperkte kennis dadelik tannie Revina gemaklik gemaak en kort kort haar gesig met 'n nat waslap afgevee sy het haar bewussyn herwin. Ek merk toe ook op dat tannie Revina se bors brandmerke op het. Die mediesepersoneel het glad nie geweet wat om te doen nie en moes ek hulle versoek om dadelik brandsalf te bring. Niemand het kans gesien om die salf aan te smeer nie en moes ek dit namens die mediesepersoneel aanwend. Ek het later uitgevind dat tannie Revina reeds die middag met warm tee verbrand het en haar brandwonde is nooit behandel nie. Was dit dalk die rede vir die epileptiese aanval?

Ek het ook Nagel versoek om die kinders van tannie Revina te laat weet wat het gebeur en om by hulle te hoor of ons tannie Revina na ‘n hospitaal moet neem.

Die mediesepersoneel het almal deurgaans onbekwaam en verward voorgekom en dit word duidelik weerspiëel in hulle optrede om my in te roep om met hulle werk te help terwyl ek maar net ‘n kombuispersoneellid was.

Genugtig hoe veilig is die oumense in Onze Rust as die mediesepersoneel nie eers weet hoe om hulle werk te doen nie?