Misbruik Inwoners Pikkie Jacobs

3 Maart 2015

Mev van Niekerk

KLAGTE : HUIS ONZE RUST : PIKKIE JACOBS

Op aandrang van mev Martie Strydom van Olivierstraat **, Steynsrus, Sel 076*******, dien ek hierdie klagte in:

Van die begin van Desember 2014 misbruik Pikkie Jacobs inwoners van HOR om haar die dae wat sy werk vanaf haar huis na HOR te vervoer en in die middae weer vanaf HOR terug huis toe. Hoofsaaklik is die inwoner oom Bertie gebruik vir die vervoer dit terwyl oom Bertie baie siek was met kanker en wie ook so week of wat gelede oorlede is. Selfs tot aan sy einde waar hy werklik siek was, moes oom Bertie vir Pikkie rondry. Pikkie het selfs sover gegaan om met oom Bertie se onmiskenbare blou bakkie self huis toe te ry en die bakkie het dan by Pikkie se huis oornag.

Noudat oom Bertie oorlede is gebruik Pikkie ‘n ander inwoner met ‘n wit motor om haar te vervoer. Die Strydoms het al verskeie kere hierdie dame by HOR gesien en daar is geen twyfel dat dit ‘n inwoner van HOR is nie.

Die Strydoms woon langs Pikkie Jacobs en kon baie duidelik waarneem wie vir Pikkie op of af laai en ook op watter tye. Die meeste van die tye was Pikkie reeds net na 6 in die middae by die huis. Ek was onder die indruk die mediese personeel werk tot 7 uur in die aande maar Pikkie was seker net bedagsaam teenoor die inwoners.

Ongeag of hierdie inwoners aan Pikkie uit die goedheid van hulle harte Pikkie vervoer verskaf en ongeag of Pikkie hierdie inwoners betaal om haar te vervoer, dit bly in terme van die wet op oumense misbruik. Daar is sekerlik ook reëls in HOR dat personeel nie inwoners mag misbruik nie. Maar aan die ander kant sal HOR dit seker as ‘n nietigheid beskou as in ag geneem word dat die aanranding en mishandeling van inwoners nie eers as belangrik beskou word nie.

Ek sou graag hierdie klagte eers met Pikkie Jacobs wou bespreek voordat die klagte ingedien word, maar toe ontvang ek die volgende sms vanaf Pikkie wat seker nou sarkasties bedoel was en ek haal aan:

“Newsflash: Pikkie Jacobs verkoop staatsmedikasie aan die publiek. Daar is reeds 2 getuies.”

Daar was gerugte in die dorp dat Pikkie medikasie vanaf haar huis verkoop maar ek moet eerlik sê dat ek my nie daaraan gesteur het nie. Maar noudat Pikkie dit self noem kan ek net wonder of dit nie dalk so is nie.

U kan nou waarneem dat die personeel maak net soos hulle wil in HOR want niemand beheer hulle nie. Die feit dat ‘n werkgewer moet konsekwent optree teenoor personeel, laat veel te wense oor by HOR.

Vriendelike groete

Owen de Scally

Afskrifte:
HOR
Mev Baker


Notas:

1. Na wat verneem word het die familie oom Bertie, nadat hy as terminaal aan kanker gediagnoseer was, hom juis in Onze Rust geplaas sodat hy sy laaste tyd op aarde kon rustig deurbring en versorg word. Maar toe word hy tot aan sy einde misbruik.

2. Ek was verskeie kere by die Strydoms in Desember 2014 en in Januarie 2015 en ek het persoonlik daar gesien dat oom Bertie vir Pikkie Jacobs huis toe neem.

3. Dit raak nou al hoe meer duidelik dat daar in Onze Rust weinig respek is vir die oumense. Uit die sms van die personeellid kan ook afgelei word dat daar 'n traak my nie agtige houding is omtrent misdaad in hierdie sentrum. Duidelik is daar geen beheer oor die personeel nie. Daar is slegs een dag per week 'n gekwalifiseerde suster by die sentrum en so ook die bestuurderes. Behalwe dat dit teenstrydig is met die wet op oumense, is die situasie belaglik.