VERBALE EN FISIESE
AANRANDING BY ONZE RUST SENTRUM VIR BEJAARDES (HOR)
Op
24 Julie 2014 om ongeveer 10:00 het ek ‘n telefoonboek gaan vra by Pikkie
Jacobs van die medieseafdeling van HOR. Pikkie en Mavis Nagel was in hulle
kantoor en soos gewoonlik het Mavis Nagel se vriend Herman van Niekerk daar
gesit en hulle uit die werk gehou. Ek het net die telefoonboek geneem en is
dadelik terug na my eie kantoor om ‘n oproep te maak.
Ek
was vanaf 13:00 met ete en het na my huis gestap. Ek het ongeveer 13:30 weer
terug gestap na HOR. Op pad na HOR ontmoet ek my dogter Petro Beukman in die
straat naby HOR. Sy was toe met haar etenstyd en oppad huis toe. Aangesien daar
nog genoeg tyd oor was van my etenstyd, het ek besluit om ‘n ent saam met haar
te stap. Ons was reeds in ‘n kort dwars straatjie, Reidstraat, toe hoor ons ‘n
motor rem skerp in die straat wat aan die kant van HOR se perseel strek. Toe
ons omkyk sien ons dit is daardie van Niekerk vriend van Mavis Nagel wat half
uit die motor se venster hang en skreeu kliphard op my: “jou fokken teef”. Ek
en Petro was so verbaas maar het nie daarop gereageer nie.
Ek
het nog ‘n ent saam met my dogter gestap. Met my terugkeer na HOR het ek reeds
op die hoek van Parkstraat gehoor hoe die van Niekerk my vloek. Hy en Mavis het
buite die gebou op die parkeerarea van HOR gestaan en ek het die volgende
woorde gehoor: “daai Wanda is ‘n fokken teef ek gaan haar dood donner, daai
bitch, sy is ‘n stuk gemors ek gaan haar dood bliksem”. Ek was sowat 50 meter
vanaf hulle en hy het so hard geskreeu dat ek elke woord kon hoor en dit sal my
verbaas indien daar nie ook ‘n paar inwoners van HOR hom gehoor het nie.
Met
my aankoms by HOR se gebou moes ek noodwendig verby van Niekerk en Mavis stap.
Toe hy my sien begin hy voor Mavis my weer te vloek. Ek vra toe vir van Niekerk
hoekom vloek hy my en wat het hy met my privaatlewe te doen. Hy het nader na my
beweeg en terwyl hy my weer vloek “jou fokken teef, jou bitch, jou slet, jy wat
‘n slegte ma is ek gaan jou dood donner, as ek jou kry is jy dood jou stuk
gemors jou lae bitch van ‘n vroumens, ek gaan jou dood bliksem” het hy my
herhaaldelik in die gesig gespoeg. Ek was so geskok dat ek net my skouers opgetrek
het en na my kantoor is. Ek het dadelik begin neerskryf wat alles gesê en
gedoen is. Ek het later my rondtes op die vloere gedoen om om te sien na die
skoonmakers.
Ek
was onder die indruk dat die van Niekerk reeds weg was. Ek is ongeveer 14:20 na
Christine, die sekretaresse van HOR, se kantoor om voorraadkaarte te vra. Toe
ek reeds in die kantoor is, besef ek die van Niekerk is by Christine in die
kantoor en ek hoor hoe maak hy my sleg by haar. Toe hy my sien het hy dadelik
weer op my begin vloek en weer in die gesig gespoeg. Ek het hom rustig gevra
wat is sy probleem dat hy my so behandel en waarom stuur hy my ‘n boodskap dat
ek my gat in die kerk moet kry. Hierop het hy heftig gereageer en terwyl hy my
herhaaldelik in die gesig spoeg skreeu hy op my dat ek ‘n hoer en ‘n slet en ‘n
teef is. Hy het my weer uitgekryt dat ek ‘n slegte ma is en sê dat my dogter
ook ‘n bitch en ‘n teef is. Verder skreeu hy dat Owen na sy huis moet kom dat
hy hom kan
dood donner. Toe ek hom vra wat het Owen gedoen toe begin hy weer te spoeg en
skreeu jou lae rubbish, jou stuk gemors, jou bitch, jou lae vroumens. Ek was so
vernederd en geskok dad ek dadelik uit die kantoor gestorm het en in my kantoor
gaan huil het. Pikkie Jacobs het my later kom troos. Ek het toe weer aantekeninge
gemaak van wat in die kantoor gebeur het.