16 Maart 2015
Engo
Engo
Geagte
mnr Nothnagel
Op
Maandag 16 Maart 2015 om ongeveer 14:00 het ek Christine Coetzee die
sekretaresse van Onze Rust besoek. Ek was op uitnodiging van Christine daar om
‘n dokument af te haal.
Terwyl
ek en Christine in die gang voor haar kantoor soos beskaafde mense ‘n beskaafde
gesprek voer, stap Mavis Nagel die gang af en toe sy my sien het sy tussen my
en Christine in gestorm en dit gelyk of sy my uit die pad wil stamp. Sy het tussen
my en Christine gaan staan en dadelik met Christine begin praat. Sy het geen
verskoning vooraf aangebied om my en Christine se gesprek te onderbreek nie.
Christine het baie verleë voorgekom oor die voorval.
Mavis
Nagel het soos ‘n ongeskikte en onopgevoede buffel opgetree en kan haar optrede net as
verfoeilik beskryf word. Mavis Nagel se vieslike optrede toon geen selfrespek
nie en dra sy die beeld uit dat sy geen respek
het vir Christine Coetzee of vir ‘n lid van die publiek nie en het sy sonder
enige twyfel weereens die personeel en Onze Rust in ‘n verleentheid gestel.
Hierdie
optrede van Mavis Nagel is egter nie vreemd nie en het ek dit vir vier jaar
ervaar en kan eerstehands getuig van hoe ongeskik sy optree teenoor die personeel
en inwoners asook in die publiek en die ergste haar gevloek en mishandeling van
inwoners van Onze Rust.
Dit
is egter betreurenswaardig dat die bestuur sulke laakbare optredes in Onze Rust
goedkeur en toelaat.
Groete
Wanda
du Plessis
Afskrifte
aan:
Mev
van Niekerk
Onze
Rust
Mev
Baker, Sosiale Ontwikkeling