Wanda du Plessis

Vanaf 1 Augustus 2015 sal ek gereeld artikels publiseer oor my wedervaringe in Onze Rust, Steynsrus. Goed en Sleg. Niks meer nie en niks minder as die waarheid nie.

Hier sal onder andere gelees kan word:

My wedervaringe met die inwoners en hoe geheg ek aan hulle geraak het en hoe wreed en onregverdig ek van hulle weggevat is.

Hoe die oumense absoluut behulpsaamheid en vriendelikheid waardeer en hoe min die oumense werklik daarvan kry.

Gevalle sal genoem word hoe inwoners afgejak word en verbaal en fisies aangerand en misbruik is. Alle korrespondensie van lede van die publiek, verklarings, vorige inwoners se ervaringe in skrif sal hier gepubliseer word. Die aanrandings wat ek self waargeneem het sal in detail weergegee word.

Die publiek sal hier kan lees wat gebeur indien 'n lid van die publiek ongeruimdhede waarneem en dit onder die bestuur se aandag bring en hoe die sake toegesmeer word.

Daar sal uitgewys word hoe die bestuur verwag dat personeel moet lieg oor mishandelings op inwoners en hoe daar van die onskuldige personeel verwag word om self misdadigers te word.

Die verkwisting van staatsubsidies en inwonersgelde sal bespreek word.

Daar sal gelees kan word hoe Onze Rust en Engo dit aan die een kant luidkeels voorhou dat hulle 'n christelike organisasie is en terselfdertyd 'n mens verneder, verkleineer, beskuldig terwyl hulle geen bewyse het nie en jou dan as mens gewetenloos vernietig.

Die aanloop tot my afdanking en die proses tot ek afgedank is, sal in detail weergegee word. Die ondersoek, die aanklag, die interne dissiplinêre verhoor (woordeliks), die bevinding en aanbeveling en dan die CCMA saak. Alles sal in die presiese woorde weergegee word en dan kan die publiek wat dit lees self besluit oor die onregverdigheid wat plaasgevind het.