Rybewys

Dit is waar dat ek sonder ‘n geldige rybewys die amptelike voertuig van Onze Rust bestuur het. Het ek enige skade veroorsaak? Nee! Dit was ook nooit ‘n vereiste by my aanstelling dat ek oor ‘n rybewys moes beskik nie en dit was ook nooit deel van my pligte om te bestuur nie.

Die vraag is hoekom het ek dit gedoen en wie het almal daarvan geweet?

1. Die vorige bestuurderes, Tersia Meintjies, was bewus dat ek nie ‘n rybewys het nie maar sy was die een wat my met die motor rondgestuur het.

2. Ek het die volgende bestuurder, Jannie O’Neil, baie duidelik laat verstaan dat ek nie ‘n rybewys het nie. Op daardie stadium het die gemeenskapsdiens totaal platgeval. Al wat Jannie O’neil vir my gesê het is dat Onze Rust is in die moeilikheid met die gemeenskapsdiens en het hy my versoek om hierdie diens aan die gang te kry en te ry waar dit nodig is.

3. Na O’Neil het Burger oorgeneem. Dit was nie ‘n goeie besluit van Engo nie deurdat Burger net een dag per week op kantoor was. Bo en behalwe Burger wat nooit daar was nie, was daar ook nie ‘n gekwalifiseerde suster in diens nie. Daar was wel ook ‘n suster wat net soos Burger, net een dag per week by Onze Rust was. Die gevolg was dat die personeel, veral aan die mediese gedeelte, totaal verslap het. Die gevolg was dat die inwoners na my gekom het vir hulp en moes ek hulle vervoer na die dokter en kliniek. Nie een van die mediesepersoneel het op daardie stadium ‘n rybewys gehad nie en die stafverpleegster, Mavis Nagel, kon glad nie bestuur nie. Ek kon nie toesien dat die inwoners moet ly onder die onbekaamheid van die mediesepersoneel nie en het ek probeer help waar ek kon en dus ook terwille van die inwoners dat ek sonder rybewys bestuur het.

4. Die sekretaresse het wel ‘n rybewys gehad maar ai tog sy was altyd te moeg om te ry. Christine Coetzee was ook bewus dat ek nie ‘n rybewys gehad het nie en sy is die een wat my gereeld met die motor gestuur het om geld vir die inwoners te trek en die inwoners dokter toe of kliniek toe te neem.

5. Die vraag nou is wie was die meeste skuldig? Tersia Meintjies het bitter min administratiewe kennis gehad en het waarskynlik nie geweet wat die wetsvereistes is vir ‘n poelvoertuig nie. Jannie O’Neil was net tydelik daar en sy werk was maar hoofsaaklik om die finansies van Onze Rust reg te ruk. Minnie Burger het elke dag net gespog dat sy 30 jaar by ‘n ouetehuis is en niemand kan haar iets leer nie. Ek wonder!

Ek het navraag gedoen by kundiges oor hoe ‘n poelvoertuig hanteer moes word. Na my mening was die eintlike onverantwoordelike persoon die bestuurderes van Onze Rust, Minnie Burger. Burger was veronderstel om toe te sien dat elke personeellid ‘n afskrif van hulle bestuurslisensies aan die kantoor voorsien VOORDAT hulle die poel voertuig bestuur. Die bestuurderes was ook verantwoordelik om die versekeraars vooraf in kennis te stel wie moontlik die versekerde voertuig sal bestuur en alle versekeringsmaatskappye vereis dat afskrifte van die moontlike bestuurders se bestuurslisensies aan hulle voorsien word. Ek wonder of dit ooit gedoen was en ek kan net wonder of die skade aan die poel voertuig wat onlangs gestamp was, ooit deur die versekering gedek was.