Die Ondersoek

1. Agtergrond

Ek het tot na my afdanking niks van ‘n rekenaar of ‘n epos of internet geweet nie. Hoog was my verbasing toe ek uit die bloute oor eposse ondervra word. My eie persoonlike kommentaar word in hakies en in rooi kleur aangebring.

2. Die ondersoek

Op 2 Desember 2014 is ek by die kantoor van Onze Rust ingeroep. Magda van Niekerk was daar met ‘n klomp papiere wat onderste bo en uitgesprei op die lessenaar gelê het. (seker so dat ek nie moet sien waaroor die papiere handel nie)
Sy vra my: “en wat van al hierdie emails?”.
Ek het geen benul gehad waarvan sy praat nie en vra haar: “wat se emails?”
Hierop antwoord sy: “die emails wat de Scally geskryf het”.
Aangesien ek niks van enige emails bewus was nie, was my eerste reaksie: “as de Scally die emails geskryf het, hoekom my daaroor vra, hoekom vra jy nie vir de Scally self daaroor nie?”
Hierop het van Niekerk bitsig geantwoord: “hy werk nie vir Onze Rust nie en ek praat nie met hom nie, jy werk vir Onze Rust”! (ek is jammer maar Magda van Niekerk se logika hier maak glad nie sin nie).

Verder het van Niekerk my uitgevra oor my kinderlewe en my verbintenis met de Scally. Ek het haar verduidelik dat ek vir ‘n paar jaar na de Scally se suster omgesien het terwyl hy nog in Pretoria gewoon het. Na sy suster se dood het de Scally my en my dogter nog in sy huis laat aanbly. (Van Niekerk se reaksie hierop tydens die ondersoek en ook gedurende die verhoor was duidelik dat sy eintlik sou verwag het dat de Scally ons uit sy huis moes jaag na sy suster se dood. Hoekom sou hy so gemeen wou wees? Duidelik het de Scally meer integriteit as die meeste ander mense wat ek ken.)

(Ek was heeltyd onder die indruk dat die ondersoek van Magda van Niekerk handel oor die maandelange teistering asook die aanranding wat ek in Onze Rust verduur het. Ek was verlig dat iemand belangstel en iets aan die teistering gaan doen. Min het ek geweet dat die misdade teenoor my eintlik Onze Rust en Engo se goedkeuring wegdra.)

Van Niekerk het my toe gevra of ek bly is dat de Scally vir my opkom. Ek het ja geantwoord omrede ek werklik bly was dat iemand raaksien dat my gesondheid agteruitgaan as gevolg van die teistering terwyl my werkgewer duidelik nie ‘n bloue duit omgegee het nie. (Maar nog steeds het ek nie geweet daar was ‘n epos daaroor nie en nog minder het ek geweet dat dit op internet geplaas was.)

Verder het van Niekerk vir my gesê: “Jy is so diep in die moeilikheid jy weet nie hoe om daar uit te kom nie.” Sy het my ook gevra: “waar gaan jy weer ‘n werk kry?”
Ek het geantwoord: “ek weet nie sê jy maar vir my.” (Ek was verslae oor haar aanmerking en vraag. Duidelik was daar reeds voor van Niekerk se ondersoek klaar besluit dat ek skuldig is en dat ek afgedank gaan word.)

3. Die wetsaspekte en Kenner se kommentaar

Na my afdanking het ek die hele saak met dokumentasie verwys na onder andere ‘n prokureur in Kaapstad, asook ‘n prokureur aan die Oos Rand wat spesialiseer in arbeidsake. Ek het ook navorsing gedoen op internet (met die hulp van my dogter) en op verskeie artikels van lvan lsraelstam, Chief Executive of Labour Law Management Consulting, afgekom. Mnr lsraelstam was vir vier jaar ‘n senior kommissaris by die CCMA en skryf gereeld artikels oor arbeidsake vir koerante en tydskrifte. Mnr lsraelstam kan sekerlik as die mees gerespekteerde arbeidskonsultant in die land beskou word.

Hier is ‘n paar aanhalings uit een van sy artikels getitel INVESTIGATING MISCONDUCT REQUIRES SKILL, asook ‘n verwysing na ‘n spesifieke CCMA saak:

“Two common mistakes that employers make on receiving misconduct allegations against employees are:
Firstly, they ignore the reports because acting on them is ‘too much trouble’ or because they are scared of infringing the myriad of legal rights that employees enjoy. This constitutes dereliction of duty or ignorance of the legal process on the part of the management.
Alternatively, the managers may hastily implement discipline without first investigating the validity of the reports. This may occur due to feelings of anger or to ignorance of the labour law pertaining to disciplinary process. Investigation of misconduct allegations is a crucial step in legally acceptable disciplinary action and cannot be bypassed.”

“There is no specified time period for completion of an investigation. However, the investigation must commence without delay and must only be halted when the investigator is fully satisfied that every stone has been turned over. The length of the investigation depends on the nature of the case, the amount of evidence and the availability of witnesses and other evidence. Typically, a good investigator will find that the more evidence he/she uncovers, the more leads there are. It is only when this process of following all lines of inquiry have been exhausted that the investigation can be halted.”

“In the case of TGWU obo Joseph and others vs Grey Security Services (Western Cape) (Pty) Ltd (2004, 6 BALR 698) a number of security guards were dismissed after the employer’s client requested the employer to remove the guards from the premises for having been involved in dishonest practices.
The employees refused to be transferred away from the client’s site and were therefore dismissed. The CCMA found the dismissals to be substantively
unfair. This was because the employer had not investigated the client’s allegations of dishonesty against the guards. The employer was therefore ordered to reinstate all the employees with full back pay and to pay their costs. Such a costly reinstatement might not have occurred had the employer investigated the conduct alleged by the client.”

Uit bogenoemde artikel asook die verwysing in die bogenoemde CCMA saak, is dit my opinie dat Magda van Niekerk nie eers ‘n benul het om so tipe ondersoek te doen nie. Van Niekerk moes haar eers vergewis het van al die feite en om ‘n regverdige ondersoek te verseker, het van Niekerk geen ander opsie gehad as om met de Scally die saak oor die emails te bespreek het nie.

Indien Magda van Niekerk in my opinie net oor die kennis beskik het of net ten minste die moeite gedoen het om navorsing te doen soos ek gedoen het, sou daar nooit enige probleem met my saak gewees het nie. Maar selfs met haar mislukte ondersoek het sy nog steeds voortgegaan om my aan te kla.

In my opinie hoort die ondersoek wat gedoen was net op een plek: die ashoop.

Binnekort volg die bespreking van die aanklag en die interne verhoor.

Wanda du Plessis