1.
So tyd gelede laat Christine Coetzee, die sekretaresse van Onze Rust, haar
handsak steel in Ackermans in Kroonstad. Daar was na bewering R5000 kontant van
Onze Rust asook die tjeboek van Onze Rust in haar handsak. Soos gewoonlik het
die ouetehuis die voorval toegesmeer en selfs ons personeel was nie daaroor
ingelig nie.
Twee
dae na die voorval besoek Frik Wessels my en vra my uit oor die geld wat
gesteel is. Dit was die eerste keer wat ek daarvan gehoor het. Frik Wessels het
net gelag en gesê dat almal in die dorp weet reeds van die geld wat gesteel is
behalwe die personeel van Onze Rust.
Nou
wie sou tog nou weer hierdie verskriklike vertroulike inligting aan almal
bekend gemaak het? Wie het dan uitgepraat???? Surprise!!!! Niemand anders as Christine
Coetzee se eie ma! Volgens Frik Wessels het Christine Coetzee se ma in detail
vir almal in die Steynsrus Bottelstoor vertel presies hoe en wanneer die geld
met die handsak gesteel is. Frik Wessels saam met nog ander kliente was in die
bottelstoor toe die hoogs vertroulike inligting bekend gemaak is.
Dan
word EK beskuldig van uitpraat!!!!!!!
2.
In Desember 2014 op ‘n Woensdag word daar R5000 uit die kluis uit die kantoor
van Onze Rust gesteel. Die sekretaresse, Christine Coetzee, is in beheer van
die kantoor asook die kluis wat binne die kantoor is. Ek was vir die hele week
waarin die voorval plaasgevind het, met siekverlof en kon nie van die diefstal
weet nie. Die Donderdag na die voorval was ek in die dorp en hoor ek by twee
mense dat daar ‘n diefstal was. Hierdie was natuurlik ook ‘n voorval wat Onze
Rust graag sou wou stil hou maar binne ‘n dag het daar reeds verskeie mense
daarvan geweet.
Weereens
vra ek met reg wie het uitgepraat? Was dit ek? NEE! Ek was nie eers daar toe
die diefstal plaasgevind het nie!
3.
Net ek word valslik beskuldig van uitpraat maar duidelik was daar ander personeel
wat rojaal uitgepraat het!!!!