24
November 2014
Die
Bestuur
Huis
Onze Rust
Steynsrus
Geagte
Minnie Burger
AANRANDING VAN WANDA DU PLESSIS
Ek
verwys na die absolute verfoeilike en veragtelike voorval wat op 24 Julie 2014
op die terrein en in die kantoor van HOR plaasgevind het. Ek is meegedeel dat
Mavis Nagel onderneem het en plegtig belowe het dat sy sal toesien dat daardie
Herman van Niekerk gem*** nie weer sy voete in HOR sal sit nie. Ek het op daardie
belofte gereageer en verdere korrespondensie omtrent die voorval gestop. Ek het
ook toegesien dat daar nie voortgegaan word met ‘n polisie ondersoek om HOR nie
verder in die verleentheid te bring nie.
Nodeloos om te sê dat Mavis se belofte het net twee dae gehou en dit spreuk
boekdele oor haar integriteit. Danksy Mavis se nie- nakoming van haar belofte,
het dit my nou ‘n vrypas gegee om weer die saak optevolg.
Indien
hierdie saak van die begin af reg hanteer was deur die bestuur van HOR of as
Mavis net by haar belofte gehou het, dan was dit nie nodig dat daar enigsins
weer na hierdie saak verwys te word nie. Wat hierdie saak nou veel erger maak
is die feit dat Wanda du Plessis se gesondheid by die dag agteruit gaan en
bring sy vir die laaste paar weke weer elke oggend bloed op. Haar toestand is
sonder enige twyfel te wyte aan ‘n baie erge senu aanval. Wie kan haar verkwalik, sy word na die aanval
nog steeds gereeld in HOR getart en uitgelok deur daardie lae barb***** uitv****** en kry sy geen beskerming van HOR se kant af nie. Sou dit nie baie
makliker gewees het om hierdie vent direk na die aanranding HOR te verbied nie,
daar was ten minste ‘n goeie rede om hom te verbied. Indien hy verbied was sou
daar nie nou hierdie korrespondensie gewees het nie, Wanda sou nie so siek
gewees het nie en daar sou nie ‘n algemene gespanne atmosfeer in HOR geheers
het wanneer daardie vent daar is nie. Die Wet op Basiese Indiensneming bepaal
uitdruklik dat ‘n werkgewer ‘n werknemer moet beskerm teen enige vorm van
aanranding.
Mavis
het baie onlangs erken dat hierdie lae vent nie vir haar wil hoor nie en aanhou
met sy nonsens en dat hy aanhou om Wanda te treiter en dat hy sterk te kenne
gee dat hy nie bang is vir Burger nie en dat hy in HOR sal maak wat hy wil.
Mavis het ook erken dat direk na die aanval het sy en die lae vent jou gespreek
om hulle kant te stel en dat hulle ‘n klomp twak kwytgeraak het om Wanda in ‘n
slegte lig te stel. Ek vermoed Mavis se gewete begin haar pla. Duidelik het
hierdie vent geen selfrespek nie en ook geen respek vir Mavis of enige ander
persoon veral nie in HOR nie. Dit is net jammer dat daar nie ‘n behoorlike
ondersoek gedoen was oor die aanranding nie en dat na my mening was die saak
baie eensydig hanteer. Met ‘n behoorlike ondersoek sou dit na vore gekom het
dat Wanda hierdie vent nooit geprovokeer het nie. Hoekom moet Wanda gestraf
word vir die afskuwelike dade van daardie gesp***? Ek is tans besig om ‘n
volledige verslag saam te stel van wat presies daardie dag gebeur het.
Wat
soek daardie onopg****** van Niekerk in elk geval so baie by die ouetehuis? Het
hy HOR gekoop? Behalwe dat hy Mavis vir ure uit haar werk hou, hou hy die ander
personeel soos Pikkie en Christine ook uit die werk. Wat soek daardie vent in
die kantoor van HOR? Alle dokumente en veral personeelrekords is tog streng
vertroulik en na my mening behoort geen buite persoon in die kantoor toegelaat
te word nie. Wat soek hy in die kombuis van HOR, is hy nou ook ‘n
gesondheidsinspekteer? Nee hy stap doodeenvoudig in die kombuis in met die
uitsluitelike doel om Wanda te verpes en te treiter, want hy weet seker baie
goed dat dit nie vir Wanda sal help om daaroor te kla nie want die Bestuur het
dit tog duidelik uitgespel met die hantering van die aanrandingsaak dat hy die
onskuldige bloedjie is en dat Wanda uitgemaak word as hierdie afskuwelike
monster wat net moeilikheid soek. Verder jaag hy soos ‘n besetene op die
terrein van HOR. By twee geleenthede het hy so byna in Petro Beukman vasgery en
so het hy ook byna in Johan Strydom se voertuig vasgejaag.
Was
Mavis al ooit aangespreek oor die feit dat haar vriend so baie by haar werk lê?
Wat sal die gevolge wees indien elke personeellid hulle familie en vriende elke
dag vir ure by die ouetehuis laat rondlê en boonop nog die ander personeel
molesteer? ‘n Groot gemors! Het HOR nodig om hulle naam weg te gooi (of eerder
nog verder weg te gooi) deur daardie lae gesp*** in HOR toe te laat en sodat hy
kan maak en
breek soos hy wil?
Soos
ek by ‘n vorige geleentheid genoem het, ry ek gereeld met my fiets verby
HOR. Dit gebeur telkens dat ek Mavis en
haar lae vriend buite by sy motor saam sien en somtyds sit hulle op die
muurtjies van die blombeddings vir baie lang tye. Wanneer kry Mavis tyd om te
werk of is dit ‘n bedekte seën dat sy uit die werk gehou word en nie baie kans kry om nog inwoners
aan te rand nie? As dit by aanrandings en ‘n gevloek kom dan lyk dit of Mavis
en haar onopg****** vriend is soos Vinkel en Koljander. Die ergste is dat soms
word ander personeel ook betrek by hierdie kuiertjies buite in die son, selfs
Christine het haar al daaraan skuldig gemaak. Wanneer werk, veral die mediese
personeel? Geen wonder ‘n inwoner het sy lot by my beklae nie. Ek het onlangs vir
die eerste keer in seker twee jaar HOR besoek met die doel om so bietjie met
die inwoners te gesels. Tot my verbasing was daar net drie inwoners in die
eetsaal om tee te drink. Ek was van ongeveer 10:15 tot 11:30 by hierdie drie
inwoners. Charles het gekla dat hy vanaf 07:00 poog dat iemand sy voet moet
verbind maar sonder sukses. In die bietjie meer as ‘n uur wat ek daar was, het
Charles vier keer probeer om hulp te kry maar hy was nie gehelp nie. Louise, ‘n
ander inwoner, het aangebied om te help. Wat my ontstel het toe die derde
inwoner, tannie Heleen Wessels, ewe droog opmerk dat dit elke dag so gaan met
die inwoners.
Hierdie
lae gemene aanrander wat so met ope arms in HOR verwelkom word, is baie
gevaarlik. ‘n Paar maande gelede het hierdie lae vent ‘n personeellid, Pikkie
Jacobs, se broer in die straat aangeval. Hy het Pikkie se broer geslaan en
geskop en wou hom met ‘n mes steek. Gelukkig het Johan Strydom gesien wat
gebeur en tussenbeide getree. Op Dinsdag 18 November 2014 het ek die oggend op
die sypaadjie gestap na my buurvrou toe. Ek het gesien daar kom ‘n vreemde
voertuig van voor en uit die hoek van my oog sien ek ‘n persoon half by die
venster uithang. Toe ek omkyk sien ek dit is daardie lae gesp*** wat nog steeds
uit die venster hang en met allerhande vinger gebare skreeu hy op my dat hy my
en Burger nog gaan dood donner. Ek weet nie na watter Burger hy verwys het nie.
Ek weet hierdie insidente het buite HOR plaasgevind maar wanneer pluk hierdie
persoon ‘n mes uit in HOR en dood ‘n personeellid? Wat sekerlik nie deur HOR
geduld kan word nie is soos ek verstaan, het hierdie lae vent dieselfde oggend
van 18 November blykbaar voor en direk met ‘n inwoner soos ‘n besetene tekere
gegaan en weereens iets geskreeu van Burger. Oor hierdie insident moet HOR maar
self hulle huiswerk doen.
Wat
inderwaarheid met die hele saak gebeur is dat Wanda voel sy is in die steek
gelaat deur HOR se bestuur en dat daar ‘n dolk in haar rug gesteek is. Elke
keer wat hierdie lae vent in HOR is en boonop haar nog steeds treiter, voel sy
daardie dolk word so ‘n draai gegee. ‘n Groot sondebok is Christine wat oor
haar voete val as die vent in die ouetehuis is en behoorlik aan sy lippe hang,
vra maar vir Johan Strydom. Elke dag wanneer Mavis op diens is, is Wanda op
haar senuwees want enige oomblik kan
daardie lae rubb*** dan ook in HOR instap en weer moeilikheid maak. Ek dink nie
een van ons wil graag in Wanda se skoene staan nie.
Ek
verkwalik HOR vir Wanda se geestestoestand en haar gesondheid wat elke dag
agteruitgaan. Ek het reeds op 6 Augustus 2014 HOR in kennis gestel van haar
gesondheidstoestand en niks is gedoen om die situasie by HOR te verbeter nie. Ek
stel voor dat Wanda dringend op koste van HOR na ‘n geneesheer van haar keuse
geneem word en dat HOR instaan vir al haar mediesekoste. Voorts stel ek voor
dat Wanda onbepaald op betaalde siekverlof geplaas word tot tyd en wyl:
- Sy volkome herstel
het.
- Daardie lae
vemeende aanvaller skriftelik die terrein van HOR verbied is.
Ek
vertrou dat hierdie aangeleentheid u ernstige en dringende aandag sal geniet.
Vriendelike
Groete
Owen
de Scally
Neem
kennis dat enige epos wat ek stuur is my eie opinie en my eie inisiatief.
Indien enige iemand om 'n onverklaarbare rede kwaad raak oor die inhoud van
enige van my eposse, wees kwaad vir my en vir niemand andsers as vir my nie.
Ek het nie hierdie inligting aan de Scally gegee nie. Waar kry hy
dan sy inligting? Hier is dit in de Scally se eie woorde:
“Van die inligting is deur myself
bekom deur gereeld verby Onze Rust met my fiets te ry en ook die sentrum
persoonlik te besoek. My hoofbron van inligting omtrent die gebeure rondom
daardie van Niekerk vent was my goeie vriend Johan Strydom. Johan was met tye deur
Onze Rust gebruik om te help met gemeenskapsdiens, die vervoer van inwoners
hospitaal toe en die karwei van toerusting vanaf die kerk na die ouetehuis en
terug. Johan het ook gereeld vetkoek en ander gebak aan Onze Rust en ook aan
die inwoners en personeel verskaf. Johan was oor ‘n tydperk van meer as ‘n jaar
minstens 3 keer per week in Onze Rust. Johan het waargeneem hoe daardie van
Nierkerk vent almal uit die werk hou en vir Wanda verpes. Daardie vent het
gereeld in en uit die kombuis van Onze Rust beweeg met die uitsluitlike doel om
Wanda te treiter. Johan het ook gesien hoe daardie vent in die kantoor van Onze
Rust sit en deur dokumente blaai en lees wat daarin staan. Johan het elke keer
wanneer hy by Onze Rust was, my by die huis besoek en my alles meegedeel wat hy
daar gesien het.
Wat Wanda se gesondheid betref
het, was dit nou regtig nie moeilik om waar te neem hoe siek sy in die oggende
en aand was nie. Haar dogter het ook gereeld haar kommer uitgespreek oor haar
ma se gesondheid.”