Ek het
onlangs met oom Willie Prinsloo se seun gesels. Oom Willie is nou in ‘n klein
privaat ouetehuis iewers in Johannesburg.
Oom Willie word baie goed behandel en is baie gelukkig daar waar hy nou is.
Oom
Willie was voorheen ‘n inwoner van ONZE RUST, Steynsrus gewees. Ek kan getuig hoe sleg die
mediese personeel oom Willie in ONZE RUST behandel het. Wanneer oom Willie in
pyn was het die personeel hom geignoreer. Met sy siekte is sy wonde selde
behandel. Die stafverpleegster Mavis Nagel het elke dag op oom Willie geskreeu
en hom gevloek. Hierdie Mavis Nagel het nooit enige respek vir haarself of die
inwoners getoon nie.
Oom
Willie het seker by sy familie gekla en hulle het hom summier uit ONZE RUST
gehaal. Ek het net die hoogste agting vir oom Willie se familie dat dat hulle
vir hom omgee en hom nie net aan sy eie lot oorgelaat het in die dump waar hy
was nie.
Oom
Willie was sy hele lewe lank ‘n boer en ‘n inwoner van Steynsrus en dit is hoe vieslik
hy behandel geword het deur sy eie plaaslike ouetehuis, ONZE RUST, toe hy hulle
nodig gehad het.